Elsassiese Duits

Elsassiese Duits
Elsässisch, Elsässerditsch
Gepraat in: Vlag van Frankryk Frankryk 
Gebied: Elsas
Totale sprekers: Meer as 96 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Opperduits
    Alemanniese Duits
     Elsassiese Duits 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: gsw 
Die Westelike Opperduitse taalgebied met Elsassiese Duits in die Ooste van Frankryk ██ Swabiese Duits (25) ██ Nederalemanniese Duits (26) ██ Elsassiese Duits (27) ██ Hoogalemanniese Duits (28) ██ Hoogste-Alemanniese Duits (29) ██ Noord-Beiers (30) ██ Sentraal-Beiers (31) ██ Suid-Beiers (32)

Elsassiese Duits (Elsassiese Duits: Elsässisch, Elsässerditsch) is 'n Nederalemannies-Duitse dialek wat in die Noordoos-Franse gewes Elsas gepraat word. Sprekers van Elsassiese Duits verwys na hulle taal as Elsässerditsch of Elsässisch. Daar is geen standaardvorm van die Elsassiese dialek nie, en gewoonlik verskil die Elsassiese Duits van dorp tot dorp. Frans en Duits dien as kultuur- en skryftale, en die Duitse dialekte word nou toenemend deur Frans verdring.

Die oorgrote meerderheid van die dialekte in Elsas maak deel uit van die Opperrynse-Alemanniese dialekgroep, en net die randgebied van Sundgau in die suide behoort tot die Suid-Alemanniese taalgebied. Die uiterste noorde van Elsas maak deel uit van die Paltiese taalgebied.

Die woordeskat van die Elsassiese dialekte word in 'n woordeboek van die Elsassiese Duits beskryf. Die Amerikaanse vervaardiger van sagteware Microsoft het aangekondig dat hy in 2007 'n Elsassiese weergawe van die Microsoft Office 2007-pakket sal aanbied.

  1. http://www.omniglot.com/writing/alsatian.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search