Emmanuelle Charpentier

Emmanuelle Charpentier
Geboortenaam Emmanuelle Marie Charpentier
Gebore 11 Desember 1968 (1968-12-11)
Juvisy-sur-Orge, Frankryk
Nasionaliteit Frankryk
Vakgebied
Instelling(s) Humboldt-universiteit
Umeå-universiteit
Max Planck Society
Alma mater Pierre and Marie Curie-universiteit (BS, MS, DPhil)
Pasteur-instituut (Doktorale opleiding)
Bekend vir CRISPR
Toekennings
  • Louis-Jeantet-prys vir geneeskunde (2015)
  • Breakthrough Prize in Life Sciences (2015)
  • Princess of Asturias-toekenning (2015)
  • Tang-prys (2016)
  • Canada Gairdner internasionale toekenning (2016)
  • Leibniz-prys (2016)
  • Pour le Mérite (2017)
  • Japan-prys (2017)
  • Kavli-prys in nanowetenskap (2018)
  • Wolf-prys in geneeskunde (2020)
  • Nobelprys vir Chemie (2020)
Webblad emmanuelle-charpentier-lab.org

Emmanuelle Marie Charpentier, gebore op 11 Desember 1968 in Juvisy-sur-Orge, Frankryk, is 'n mikrobioloog, genetikus en biochemikus. Charpentier werk aan die regulering van geenuitdrukking vanuit die oogpunt van mikrobiese RNS sowel as op die molekulêre basis van infeksie. Sy doen ook navorsing oor hoe bakterieë teen patogene veg. Charpentier het haar wêreldwye reputasie gevestig deur die molekulêre meganismes van die bakteriële CRISPR/Cas9-immuunstelsel te identifiseer en te ontsyfer.

Sy het ook die CRISPR/Cas9-tegniek uitgevind in samewerking met Jennifer Doudna, wat 'n rewolusie op die gebied van genetiese ingenieurswese teweeg gebring het. Vir hierdie ontdekking het sy baie gesogte pryse ontvang, waaronder die Nobelprys vir Chemie in 2020[1] wat sy met Jennifer Doudna deel.

Sy is 'n lid van die Franse Akademie vir Wetenskappe en die Akademie van Tegnologie, en is mede-stigter van CRISPR Therapeutics en ERS Genomics.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named lefigaro

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search