Engelse nasionale krieketspan

Engeland
Kenteken van die Engelse nasionale krieketspan
KonferensieEngelse en Walliese Krieketraad
Personeel
ToetskapteinBen Stokes
EDI-kapteinJos Buttler
T20I-kapteinJos Buttler
AfrigterBrendon McCullum (toets), Matthew Mott (EDI & T20I)
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1877
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1909)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
Toetsrang3de1ste (1 Junie 1955)
EDI6de1ste (1 Januarie 1981)
T20I3de1ste (24 Oktober 2011)
Toetse
Eerste toetst Vlag van Australië Australië op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 15–19 Maart 1877
Laaste toetst Vlag van Indië Indië op HPCA-stadion, Dharamshala; 7–9 Maart 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]1071392/324 (36,60%)
(0 gelykop, 355 onbeslis)
Vanjaar[3]51/4 (0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
2/2 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag4de plek (in 2019–2021, 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Australië Australië op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 5 Januarie 1971
Laaste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Kensington-ovaal, Bridgetown; 9 Desember 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]797400/357 (50,18%)
(9 gelykop, 31 onbeslis)
Vanjaar[5]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 2019)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagNaaswenner (in 2004 en 2013)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Australië Australië op Rose Bowl, Southampton; 13 Junie 2005
Laaste T20It Vlag van Indië Indië op Providencestadion, Georgetown; 27 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]192100/83 (52,08%)
(2 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar[7]106/3
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2010 en 2022)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Engelse nasionale krieketspan (Engels: England cricket team) is die nasionale krieketspan wat Engeland en Wallis in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Sedert 1 Januarie 1997 word dit beheer deur die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB, van Engels: England and Wales Cricket Board) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status; voorheen (1903–1996) is dit deur die Marylebone-krieketklub (MCC, kort vir Marylebone Cricket Club) bestuur.[8][9] Tot in die vroeë 1990’s het die span ook beide Ierland en Skotland in internasionale krieket verteenwoordig, maar albei lande word sedert hul wegbreek deur hul eie nasionale krieketspanne – Ierland en Skotland – verteenwoordig.[10][11] Voorheen was die Engelse nasionale krieketspan as ’t ware ’n span wat die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland verteenwoordig het.

Engeland en Australië was die eerste spanne om in ’n toets te speel, op 15–19 Maart 1877. Dié twee lande het saam met Suid-Afrika die Imperiale Krieketkonferensie (die voorganger van die Internasionale Krieketraad) op 15 Junie 1909 gestig. Engeland en Australië het ook op 5 Januarie 1971 die wêreld se eerste Internasionale eendagwedstryd (EDI) gespeel. Engeland het hul eerste internasionale Twintig20-wedstryd op 13 Junie 2005 teen Australië gespeel. Hulle het die IKR se T20I-wêreldbeker in 2010 en 2022 gewen en in 2016 as naaswenner geëindig. Hulle het ook twee keer as naaswenner van die IKR se Kampioenetrofee geëindig (in 2004 en 2013). Engeland het 192 T20Is gespeel, waarvan hulle 100 gewen het.[12]

Engeland het 1 071 toetswedstryde gespeel, 392 gewen en 324 verloor (met 355 onbesliste toetswedstryde).[13] In hul toetswedstryde teen Australië ding Engeland mee om die As, een van die vernaamste trofeë in internasionale sport, en hulle het die urn tot dusver 32 keer ingepalm. Engeland het 797 EDI-wedstryde gespeel, waarvan hulle 400 gewen het.[14] Hulle het ook vier keer in die eindstryd van krieketwêreldbekertoernooie verskyn, waarvan hulle die 2019-eindstryd naelskraap teen Nieu-Seeland volgens aangetekende grenshoue tuis gewen het, nadat beide die wedstryd en die daaropvolgende Superboulbeurt in ’n gelykop geëindig het.[15][16][17][18] Engeland het ná Australië in 2015 en Indië in 2011 die derde – agtereenvolgende – gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 en rugby in 2003 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het.

Engeland is tans (Junie 2024) derde op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys en derde op die Twintig20-wêreldranglys.[19][20][21] 27 voormalige Engelse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "About ECB". Engelse en Walliese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2007. Besoek op 7 Oktober 2007.
  9. (en) "MCC History". Marylebone-krieketklub. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 28 Junie 2024.
  10. (en) "The history or Cricket in Scotland". Krieket Skotland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2017. Besoek op 27 Januarie 2017.
  11. (en) Wisden Cricketers' Almanack (128 uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293 en 1321. ISBN 0-947766-16-2.
  12. (en) "Records / England / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. Besoek op 28 Junie 2024.
  13. (en) "Records / England / Test matches / Team records / Result summary". ESPNcricinfo. Besoek op 28 Junie 2024.
  14. (en) "Records / One-Day Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. Besoek op 28 Junie 2024.
  15. (en) "A recap of the most dramatic match in cricket history". The Guardian. 14 Julie 2019. Besoek op 28 Junie 2024.
  16. (en) "England win Cricket World Cup: Ben Stokes stars in dramatic finale against New Zealand". BBC. 14 Julie 2019. Besoek op 28 Junie 2024.
  17. (en) "2019 Cricket World Cup final: England beat Black Caps in greatest ODI in history". New Zealand Herald. 14 Julie 2019. Besoek op 28 Junie 2024.
  18. (en) "Epic final tied, Super Over tied, England win World Cup on boundary count". ESPNcricinfo. 14 Julie 2019. Besoek op 28 Junie 2024.
  19. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 28 Junie 2024.
  20. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 28 Junie 2024.
  21. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 24 Junie 2024. Besoek op 28 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search