Enki

Enki, Ea
Wigskrif: 𒀭𒂗𒆠
Soort god  Mesopotamies
God van kunsvlyt, ondeundheid, water, wysheid en towerkrag
Kultussentrum  Eridoe
Simbool Bok, vis
Ouers Soms Nammoe (ma)
Metgesel Ki/Ninhoersag
Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.

Enki (uitspraak: ˈɛŋki; Sumeries: dEN.KI(G), 𒀭𒂗𒆠) was ’n Sumeriese godheid wat later in die Akkadiese en Babiloniese mitologie as Ea bekend was. Hy was aanvanklik die beskermgod van die stad Eridoe, maar sy kultus het later deur Mesopotamië en na die Kanaäniete, Hetiete en Horiete versprei. Hy was die god van kunsvlyt, ondeundheid, water, wysheid en towerkrag. Hy is verbind met die suidelike streek van die uitspansel, waar die sterrebeelde die "sterre van Ea" genoem is, maar ook met die sterrebeeld AŠ-IKU, "die Veld" (Vierkant van Pegasus).[1]

Die planeet Mercurius, wat met die Babiloniese Naboe verbind is, is in die Sumeriese tydperk met Enki verbind.

Talle mites oor Enki is al ontdek wat strek van Suid-Irak tot die kus van die Levant. Hy word genoem in die vroegste wigskrifinskripsies in die streek en was prominent van die derde millennium v.C. tot in die Hellenistiese tydperk.

  1. Origins of the ancient constellations: I. The Mesopotamian traditions deur J.H. Rogers

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search