Esdoringstroop

Esdoringstroop word volgens sy deurskynendheid geklassifiseer. Die beeld wys verskillende grade van esdoringstroop uit Vermont, met van links: Vermont Fancy, Graad A Medium-Barnsteen, Graad A Donker Barnsteen, en Graad B

Esdoringstroop is 'n soetstof wat uit die sap van die esdoringbome (Acer saccharum, Acer rubrum en Acer nigrum) vervaardig word. Dit word gewoonlik met pannekoeke en wafels geniet of dien as 'n bestanddeel van terte, gebak en nageregte.

Die esdoringboom en esdoringstroop is 'n belangrike deel van die kultuur van die noordooste van Noord-Amerika, en oestyd in die laat winter of vroeë lentetyd is 'n gebeurtenis wat in baie dorpe met feesvierings gepaardgaan. Die suikeresdoringboom is die amptelike "staatsboom" van die Amerikaanse deelstate New York, Vermont, Wisconsin en Wes-Virginië. Die esdoringblaar is ook die sentrale simbool van Kanada se nasionale vlag en die algemeen gebruikte rooi embleem vir Kanada.

Kanada en die Verenigde State lewer 'n gesamentlike jaarlikse produksie van meer as vyf miljoen gelling (19 miljoen liter) esdoringstroop op.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search