Espresso

Vir espresso kan gewone, sterk geroosterde koffiebone gebruik word.
Elektra-espressomasjien, vervaardig in Italië

Espresso is 'n besondere bereiding van koffie, waarby warm water teen 'n baie hoë druk deur fyngemaalde koffiepoeier gepers word. Danksy hierdie metode word die koffie buitengewoon sterk en geurig. Daarbenewens kry dit ook 'n ligbruin laag koffieskuim, die sogenaamde crema. Espresso word in voorafverwarmde klein, dikwandige koppies bedien en bitter of met suiker gedrink. Soms word daar selfs 'n bietjie anys- of ander likeure bygevoeg (Café Corretto, dit is letterlik 'n soort koffie, waarvan die geur met likeur aangepas word).

Espresso is oorspronklik 'n gewone Suid-Europese manier om koffie te drink en word teen die jaar 1930 in Italië, later ook in Frankryk en Spanje baie gewild. Deesdae word espresso orals ter wêreld geniet.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search