Essex-klas vliegdekskip

USS Essex, Mei 1945

Die Essex-klas was 'n klas vliegdekskepe van die Amerikaanse Vloot. Dit was die 20ste eeu se grootste klas in terme van aantal skepe, daar was 24 skepe in die klas. Hulle het in twee tipes verskyn: die langromptipe en die kortromptipe. Daar is 32 skepe bestel maar soos die Tweede Wêreldoorlog einde se kant toe gestaan het, is ses gekanselleer voordat met konstruksie begin is en twee is gekanselleer net nadat konstruksie begin is. Veertien van die skepe het diens gedoen tydens die Tweede Wêreldoorlog. Nie 'n enkele skip is deur die vyand verwoes nie, terwyl verskeie van die skepe ernstige skade opgedoen het.

Die Essex-klas vliegdekskepe was die ruggraat van die Amerikaanse Vloot vanaf die middel van 1943 en tesame met die drie Midway-klas vliegdekskepe wat net na die oorlog in diens gestel is, was dit die hart van die Vloot totdat die supervliegdekskepe in die 1960's en 1970's in diens gestel is. Met die aanvang van die straler-era is verskeie van die vliegdekskepe versterk en verbeter om swaarder en vinniger vliegtuie te kon hanteer, en sommige van hulle het diens gedoen tot lank na die afloop van die Viëtnamoorlog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search