Eswatini

Koninkryk Eswatini
Umbuso weSwatini (Swazi)
Kingdom of Eswatini (Engels)
Vlag van Eswatini Wapen van Eswatini
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Siyinqaba
(Swazi vir: "Ons is 'n vesting"
"Ons is 'n geheimenis/raaisel"
"Ons steek onsself weg"
"Ons is magtig")
Volkslied: Nkulunkulu Mnikati wetibusiso temaSwati
(Swazi vir: "O God, Milddadige van die seën van die Swazi")
Ligging van Eswatini
Hoofstad Lobamba (koninklik en wetgewing)
Mbabane (administratief)

26°30′S 31°30′O / 26.500°S 31.500°O / -26.500; 31.500

Grootste stad Mbabane
Amptelike tale Swazi en Engels
Regering

Monarg (Ngwenyama)
• Koninginmoeder (Ndlovukati)
Eerste minister
Unitêre parlementêre
absolute monargie
Mswati III
Ntfombi
Russell Dlamini
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

6 September 1968
2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
17 364 km2  (153ste)
6 704 myl2
0,9
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
1 201 670[1] (155ste)
1 093 238[2]
66,8 / km2 (135ste)
173,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$13,797 miljard[3] (158ste)
$11 859[3] (113de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$4,648 miljard[3] (168ste)
$3 995[3] (122ste)

MOI (2021) 0,597[4] (144ste)  –  medium
Gini (2016) 54,6[5] –  hoog
Geldeenheid Lilangeni (SZL)
Tydsone
 - Somertyd
SAST (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC)
Internet-TLD .sz
Skakelkode +268

Eswatini (Swazi: [ɛswa̯ˈtiːni]), amptelik die Koninkryk Eswatini (Swazi: Umbuso weSwatini, Engels: Kingdom of Eswatini), tot 19 April 2018 Swaziland, is 'n absolute monargie en landingeslote land in Suider-Afrika.[6] Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Mbabane, terwyl Lobamba die regeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad is. Eswatini is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek. Op politieke vlak het Eswatini op geen stadium aan Suid-Afrika behoort nie. Die menslike ontwikkelingsindeks van 2017 plaas Eswatini in die 144ste plek uit 187 lande. Eswatini is 'n lidland van die Afrika-unie, Beweging van Onverbonde Lande, Britse Statebond, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Verenigde Nasies. Eswatini is een van min lande wêreldwyd wat die Republiek China op Taiwan ten spyte van groot druk deur die Volksrepubliek China as 'n selfstandige land erken.[7]

Nasa-satellietbeeld van Eswatini
Kaart van Eswatini

Die eerste inwoners van die hedendaagse Eswatini was sedert 25 000 v.C. die Boesmans wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. Die Bantoevolke het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uit Swazi's en hul taal is Swati, ook bekend as Swazi. Onder leierskap van Ngwane III het hulle in die middel van die 18de eeu hul koninkryk gestig.[8] Beide die land en die volk is na Mswati II, die 19de-eeuse koning wat die koninkryk verenig en uitgebrei het, genoem; die hedendaagse grense is tydens die Wedloop om Afrika in 1881 bepaal.[9] Na die Tweede Vryheidsoorlog het die koninkryk in 1903 'n Britse protektoraat geword. Op 6 September 1968 het die land onder sy destydse naam Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword.[10] Eswatini is 'n unitêre parlementêre absolute monargie binne die Statebond met 'n eie monarg (Ngwenyama) as staatshoof. Eswatini is een van slegs vyf lande binne die Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, Lesotho, Maleisië en Tonga).

  1. (en) "Population, total – Eswatini". Wêreldbank. Besoek op 7 November 2023.
  2. (en) "Swaziland Releases Population Count from 2017 Census". United Nations Population Fund. Besoek op 7 November 2023.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Eswatini". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 7 November 2023.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 7 November 2023.
  5. (en) "Gini Index – Eswatini". Wêreldbank. Besoek op 7 November 2023.
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  7. (en) Hsu, Stacy (9 Junie 2018). "Swazi king promises loyalty to Taiwan". Taipei Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 27 Augustus 2019.
  8. (en) Bonner, Philip (1982). Kings, Commoners and Concessionaires. Great Britain: Cambridge University Press. pp. 9–27. ISBN 0-521-24270-3.
  9. (en) Kuper, Hilda (1986). The Swazi: A South African Kingdom. Holt, Rinehart and Winston. pp. 9–10.
  10. (en) Gillis, Hugh (1999). The Kingdom of Swaziland: Studies in Political History. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-30670-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search