Europa (mitologie)

Europa
Fenisiese prinses
Europa se ontvoering deur Zeus.
Europa se ontvoering deur Zeus.
Naam Europa
Blyplek Kreta
Man Asterion, Zeus
Ouers Agenor en Telefassa, of Feniks en Perimede
Sibbes Kadmus, Siliks, Feniks
Kinders Minos, Radamantis, Sarpedon, Kreta, Dodon, Alagonië, Karnus

Europa (Grieks: Εὐρώπη) was in die Griekse mitologie ’n Fenisiese prinses van antieke Griekse oorsprong en die moeder van koning Minos van Kreta. Die kontinent Europa en een van Jupiter se mane is na haar genoem. Die mite oor haar ontvoering deur Zeus in die vorm van ’n bul was ’n Kretensiese verhaal. Soos die klassikus Károly Kerényi uitwys: Die meeste van die liefdesverhale oor Zeus se oorsprong lê in meer antieke stories wat sy huwelike met godinne beskryf. Dit kan veral gesê word van die storie van Europa."[1]

Die vroegste letterkundige verwysing na Europa is in die Ilias, wat vermoedelik in die 8ste eeu v.C. geskryf is.[2] Die oudste vaasskildery wat vir seker as Europa geïdentifiseer is, dateer van die middel 7de eeu v.C.[3]

  1. Kerenyi, Karl, 1951. The Gods of the Greeks (Thames and Hudson) p. 108
  2. Pierre Vidal-Naquet, Le monde d'Homère, Perrin 2000:19; M.I. Finley, The World of Odysseus, (1954) 1978:16 sê "die jare tussen 750 en 700 v.C., of ’n bietjie later".
  3. Walter Burkert, Greek Religion (1985) I.3.2, nota 20.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search