European Graduate School

European Graduate School
Europäische Universität für Interdisziplinäre Studien

Gestig:1994
Tipe:Privaat instituut
Ligging:Saas-Fee, Wallis, Switserland
46°06′52″N 7°55′46″O / 46.11457°N 7.92939°O / 46.11457; 7.92939
Webtuiste:egs.edu

Die European Graduate School (EGS, Duits: Europäische Universität für Interdisziplinäre Studien) bied M.A.- en Ph.D.-grade aan werkende kunstenaars, akademiese en aktiewe deelnemers van "kreatiewe" professies wat bereid is om die nuutste kuns en filosofieteorieë aan te pak. Die media- en kommunikasieprogram fokus op intensiewe ontmoetinge met vooraanstaande kunstenaars en denkers tydens 'n jaarlikse drieweek-somersessie in Saas-Fee, Valais, Switserland. Dit behels ook opsionele aanlyn besprekings gelei deur senior studente en fakulteit as voorbereiding vir die latere ontmoetings in Saas-Fee.

EGS is gestig onder inspirasie van Black Mountain College, waar vooraanstaande kunstenaars en kritici deur diskussie kunsopvoeding gelewer het. Die onderrigmedium is Engels.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search