Europese klassieke musiek

Hierdie artikel handel oor die genre van klassieke musiek of kunsmusiek in die Westerse musiektradisie. Sien Klassieke musiek vir artikels oor die klassieke musiek van nie-Westerse kulture. Sien Klassieke musiektydperk vir musiek uit die laat-18de eeu
Geskiedenis van Europese kunsmusiek
Middeleeus (476 – 1400)
Renaissance (1400 – 1600)
Barok (1600 – 1760)
Klassiek (1730 – 1820)
Romanties (1815 – 1910)
20ste eeu (1900 – 1999)
Kontemporêre klassieke musiek

Klassieke musiek is 'n breë, ietwat onpresiese term wat verwys na musiek wat geskep is volgens, of waarvan die oorsprong lê in, die tradisies van Europese kuns, kerk- en konsertmusiek, wat 'n lang tydperk insluit—ongeveer van die jaar 1000 tot vandag. Die sentrale norme van hierdie tradisie het, volgens een denkrigting, tussen 1550 en 1825 ontwikkel en fokus op wat bekend staan as die tydperk van klassieke Westerse harmonie. Die term klassieke musiek het eers in die vroeë 19de eeu verskyn in 'n poging om tydperk van Bach tot Beethoven te idealiseer as 'n tydperk in die musiek wat gelykstaan met die goue eeu van die beeldhoukuns, argitektuur en kuns van die klassieke oudheid, waarvan daar natuurlik geen musiek oorgebly het nie. Die vroegste verwysing na 'klassieke musiek' in die Oxford English Dictionary is uit ongeveer 1836. Sedertdien word die term in die algemene spreektaal gebruik as die teenoorgestelde van populêre musiek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search