Evaporiet

'n Evaporiet word deur Warren gedefinieer as 'n soutneerslag wat oorspronkelik uit versadigde pekel aan of naby die oppervlak in hidrologieë gevorm is wat deur verdamping deur die son aangedryf word.[1]

Evaporiete kan onderskei word in primêr, sekondêr en tersiêr. Primêre evaporiete word so gevind soos hulle in die pekelmeer gevorm is. Sekundêre evaporiete wys die gevolge van die feit dat hulle begrawe geraak het en tersiêre is later opnuut opgehef en weer blootgestel aan die lug.

Evaporiete bestaan uit heelparty min of meer goed oplosbare minerale en sommige daarvan is van kommersiële betekenis as grondstof of kunsmis.

  1. Warren, J.K. (2016). Interpreting Evaporite Textures. In: Evaporites. Springer. doi:10.1007/978-3-319-13512-0_1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search