FIFA

FIFA
Kenteken van die FIFA
Kenteken van die FIFA
Franse naam Fédération Internationale de Football Association
Engelse naam International Federation of Association Football
Spaanse naam Federación Internacional de Fútbol Asociación
Duitse naam Internationaler Verband des Association Fußball
Land wêreldwyd
Sportsoorte Sokker
Gestig op 21 Mei 1904
Gestig in Parys, Frankryk
President Gianni Infantino
Adjunkpresidente Salman bin Ibrahim Al Khalifa (AFC)
Aleksander Čeferin (UEFA)
Alejandro Domínguez (CONMEBOL)
Patrice Motsepe (CAF)
Victor Montagliani (CONCACAF)
Sándor Csányi
Lambert Maltock (OFC)
Sekretaris-generaal Fatma Samoura
Konfederasies AFC, CAF, CONCACAF, CONMEBOL, OFC, UEFA
Setel Zürich, Switserland
Lede 211
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike tale Arabies, Engels, Frans, Duits, Italiaans en Spaans
Amptelike webwerf fifa.com

Die Internasionale Federasie vir Voetbal Assosiasie (Frans: Fédération Internationale de Football Association; Spaans: Federación Internacional de Fútbol Asociación; Duits: Internationaler Verband des Association Fußball), algemeen bekend as FIFA, is die internasionale beheerliggaam vir sokker. Hulle hoofkantoor is in Zürich, Switserland, en die huidige president is Gianni Infantino. FIFA is verantwoordelik vir die organisasie en beheer van die hoof voetbalgeleenthede, onder andere die FIFA Sokker-Wêreldbeker, wat sedert 1930 aangebied word.

Vlag van die FIFA

FIFA het 211 assosiasielede – 18 meer as die Verenigde Nasies. Die amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Duits, Italiaans en Spaans.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search