FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Koebok konfederatsij FIFA 2017
Кубок конфедераций 2017
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Rusland Rusland
Datums 17 Junie – 2 Julie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 4 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Duitsland Duitsland (1 titel)
Tweede plek Vlag van Chili Chili
Derde plek Vlag van Portugal Portugal
Vierde plek Vlag van Meksiko Meksiko
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 43 (2.69 per wedstryd)
Bywoning 628 304 (39 269 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Duitsland Leon Goretzka
Vlag van Duitsland Lars Stindl
Vlag van Duitsland Timo Werner (3 doele elk)
Beste speler Vlag van Duitsland Julian Draxler
2013
2021

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Russies: Кубок конфедераций 2017, Koebok konfederatsij FIFA 2017; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 17 Junie tot 2 Julie 2017 in Rusland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Duitsland het die toernooi gewen nadat hulle Chili met 1–0 in die eindstryd geklop het. Portugal het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig. Die gasheer Rusland is in die groepfase uitgeskakel.

Dit was die laaste Sokker-Konfederasiebeker wat aangebied is voordat FIFA aangekondig het dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]

  1. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 15 Maart 2019.
  2. (en) "FIFA President confirms 22 national teams will participate in FIFA Arab Cup 2021 in Qatar". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2020. Besoek op 25 November 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search