Federale distrikte van Rusland

██ Sentrale Federale Distrik ██ Suidelike Federale Distrik ██ Noordwestelike Federale Distrik ██ Verre-Oosterse Federale Distrik ██ Siberiese Federale Distrik ██ Federale Distrik Oeral ██ Federale Distrik Wolga ██ Federale Distrik Noord-Kaukasus ██ Federale Distrik Krim

Die nege federale distrikte (Russies: федера́льные округа́, federalnije okroega) is ’n indeling van die federale deelgebiede van Rusland om administrasie te vergemaklik. Elke distrik bestaan uit verskeie federale deelgebiede en elk het ’n presidensiële afgevaardigde.

Die voormalige Russiese president Wladimir Poetin het die federale distrikte in Mei 2000 gestig as deel van ’n groter program om federale mag te versprei. Daar was aanvanklik sewe distrikte, maar op 19 Januarie 2010 het die agtste een, die Federale Distrik Noord-Kaukasus, ontstaan uit die Suidelike Federale Distrik en op 21 Maart 2014 is die Federale Distrik Krim gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland.[1]

Vir ekonomiese en statistieke doeleindes word die federale deelgebiede ook gegroepeer in twaalf ekonomiese distrikte, wat ’n aparte indeling is.

  1. "В России создан Крымский федеральный округ" (in Russies). RBC. 21 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search