Fibonacci

Fibonacci
Portret deur 'n onbekende kunstenaar
Gebore
Leonardo Bonacci

ca. 1170
Sterfca. 1240 (omstreeks 70)
waarskynlik Pisa, Italië
NasionaliteitItaliaans
BeroepWiskundige
Bekend virDie Liber Abaci
Fibonacci se getal
Die bekendstelling van digitale notasie na Europa
Ouer(s)Guglielmo Bonacci (vader)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Leonardo van Pisa (geb. 1170 – † 1250), ook bekend as Leonardo Pisano, Leonardo Bonacci, Leonardo Fibonacci, was 'n Italiaanse wiskundige wat deur sommiges as die mees talentvolle wiskundige van die Middeleeue beskou word.[1]

Fibonacci is die veral bekend in die moderne tye vir:[2]

  • Die verspreiding van die Arabiese syferstelsel in Europa, hoofsaaklik deur die publikasie van sy boek oor berekening, die Liber Abaci in die vroeg dertiende eeu.
  • 'n wiskundige ry getalle wat na hom vernoem is as die Fibonacci-getalle, alhoewel hy dit nie ontdek het nie, maar bloot as 'n voorbeeld gebruik het in sy boek, die Liber Abaci.[3]

In die ry van Fibonacci-getalle, word elke getal na die eerste twee bereken as die som van die voorafgaande twee getalle. Die ry is soos volg:

0, 1, 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, 55, 89, 144, 233, ens.
  1. Howard Eves. An Introduction to the History of Mathematics. Brooks Cole, 1990: ISBN 0-03-029558-0 (6de uitgawe), bl. 261.
  2. Leonardo Pisano – bladsy 3: "Contributions to number theory". Encyclopædia Britannica Online, 2006. Nagegaan 18 September 2006.
  3. Parmanand Singh. "Acharya Hemachandra and the (so called) Fibonacci Numbers". Math. Ed. Siwan , 20(1):28-30, 1986. ISSN 0047-6269]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search