Fidjiaanse nasionale rugbyspan

Fidji
Unie Fidjiaanse Rugbyunie (FRU)
Bynaam(e) Vlieënde Fidjiane
Embleem die Palmboom
Stadion ANZ Nasionale Stadion, Suva
Kapasiteit 25 000
Afrigter(s) Vlag van Australië Mick Byrne (sedert 2024)
Kaptein(s) Waisea Nayacalevu
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Nicky Little (71)[1]
Meeste toetspunte Nicky Little (670)[2]
Meeste drieë Vereniki Goneva en Nemani Nadolo (22 elk)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Tonga Tonga 9–6 Fidji Vlag van Fidji
(Apia, Samoa; 15 Augustus 1924)[4]
Grootste oorwinning
Vlag van Niue Niue 4–120 Fidji Vlag van Fidji
(Apia, Samoa; 11 September 1983)[5]
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 91–0 Fidji Vlag van Fidji
(North Shore City, Nieu-Seeland; 10 Junie 2005)[6]
Wêreldbeker
Verskynings 9/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1987, 2007 en 2023
Unie webwerf
www.fijirugby.com

Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan (Engels: Fiji national rugby union team) is die nasionale rugbyspan wat Fidji in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Fidji geadministreer deur die Fidjiaanse Rugbyunie (Fiji Rugby Union, FRU) wat in 1913 gestig is. Fidji word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Fidjiaanse rugbyspan is tans (Oktober 2023) tiende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[7] Die span neem deel aan die jaarlikse Stille Oseaan-nasiesbeker, saam met Japan, Samoa en Tonga. Fidji is ’n lid van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance; PIRA), saam met Tonga; Samoa was tot in 2009 ook ’n lid, maar hulle het hulself onttrek.[8]

Fidji het in 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Tonga gespeel. Fidji, Samoa en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Stille Oseaan-nasiesbeker (tot in 2005 Stille Oseaan-drienasies), waarin Fidji tot dusver 16 titels gewen het. Fidji se bynaam is Flying Fijians (Engels vir: “Vlieënde Fidjiane”) en hulle speel tradisioneel in wit truie met swart broeke. Die Cibi-oorlogsdans (Fidjiaans: [ˈðimbi]) word voor elke toetswedstryd deur die Fidjiaanse span uitgevoer. Die oorlogsdans dateer uit die land se oorloë met naburige eilande en word sedert 1939 op die rugbyveld gebruik.[9]

Fidji het tot dusver vir nege van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en net die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika misgeloop. In 1987, 2007 en 2023 het hulle daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Een voormalige Fidjiaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  4. (en) "Fiji / Match results". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  5. (en) "Fiji's Results – 1983". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  6. (en) "Fiji's Results – 2005". ESPNscrum. Besoek op 30 Oktober 2023.
  7. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 30 Oktober 2023.
  8. (en) "We quit: SRU". Samoa Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op 20 Februarie 2012.
  9. (en) "Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op 14 November 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search