Filantroop

'n Filantroop (Grieks: ὁ φιλος (Ho filos) + ὁ ὰντροπος (Ho antropos); Afrikaanse vertaling: "mensevriend") is 'n weldoener wat sy persoonlike tyd, geld en goedere aanwend om ander mense te help. Sommige filantrope doen dit deur 'n testament na te laat, terwyl ander dit doen terwyl hulle nog lewe. Mense wat Wikipedia opdateer en sodoende kennis in hulle moedertaal aan ander beskikbaar stel, kan as filantrope gesien word. Ander filantropiese dade sluit in: hulpverlening tydens noodsituasies, skenkings (geld, kos en goeder) aan behoeftiges, opruimaksies (soos die skoonmaak van riviere), ens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search