Fotosfeer

Die struktuur van die Son, 'n G-tipe ster:
  1. Kern
  2. Stralingsone
  3. Konveksiesone
  4. Fotosfeer
  5. Chromosfeer
  6. Korona
  7. Sonvlekke
  8. Korrels
  9. Vuurtong
Nie genommer: Sonwind

Die fotosfeer is 'n ster se buitenste skil waaruit lig oënskynlik straal.

Die term kom van die antieke Griekse wortels φῶς, φωτός/phos, photos, "lig" en σφαῖρα/sphaira "sfeer", omdat dit oënskynlik die sfeer is waaruit lig gestraal word. Dit strek tot by 'n ster se oppervlak, waar die plasma deursigtig raak. Dit is ekwivalent aan 'n optiese diepte van sowat 23,[1] of 'n diepte waarvandaan 50% van die lig sal ontsnap sonder om verstrooi te raak.

  1. Carroll, Bradley W.; Ostlie, Dale A. (1996). Modern Astrophysics. Addison-Wesley.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search