Franse oorsese gebiede

Ligging van die Franse oorsese gebiede

Die Franse oorsese gebiede (Frans: France d'outre-mer) is 13 gebiede wat deel van die Franse staatsgebied en die Europese Unie buite van Europa uitmaak. Die gebiede het 'n bevolking van 2 685 705 op 1 Januarie 2011 gehad.[1]

Die Franse oorsese gebiede is tot die grondwetlike wysiging van 23 Maart 2003 oorsese departement – oorsese Gebied (les DOM-TOM, Département d’outre-mer – Territoire d’outre-mer) genoem. Die gebiede is oorwegend voormalige Franse kolonies.

Die gebiede word ingedeel in oorsese départements (Départements d’outre-mer); oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer) met kollektiewe gebiede (collectivité territoriale), gebiede (territoire) en oorsese lande (pays d’outre-mer); spesiaal statuut (Statut spécifique) en onbewoonde gebiede (Territoires inhabités).

In die historiese konteks bestaan daar 'n verskil tussen kolonies en protektorate, wat onder Franse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.

  1. (fr) "Bilan démographique 2010". Nasionale Instituut vir Statistiek en Ekonomiese Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2018. Besoek op 22 Januarie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search