Frederick Sanger

Frederick Sanger
Gebore 13 Augustus 1918
Rendcomb, Gloucestershire
Oorlede 19 November 2013
Cambridge, Cambridgeshire
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Biochemie
Instelling(s) Universiteit van Cambridge
Laboratorium vir Molekulêre Biologie
Alma mater Sint John se Kollege, Cambridge
Doktorale promotor(s) Albert Neuberger
Doktorale student(e) George Brownlee
Liz Blackburn
Rodney Porter
Bekend vir Aminosuurvolgorde van insulien
Sanger se volgorde
Sanger se sentrum
Toekennings Nobelprys vir Chemie (1958)
Koninklike Medalje (1969)
Gairdner Foundation se Internasionale toekenning (1971)
Copley se medalje (1977)
Nobelprys vir Chemie (1980)

Frederick Sanger (* 13 Augustus 1918 in Rendcomb, Gloucestershire; † 19 November 2013 in Cambridge, Cambridgeshire) was 'n Engelse biochemikus en tweemalige Nobelpryswenner.

Sanger was een van net vier wetenskaplikes aan wie meer as een Nobelprys toegeken is. Hy het baanbrekerswerk gedoen in die bepaling van proteïenstruktuur en het onder meer die chemiese samestelling van insulien ontrafel. Later het hy hom op DNS toegespits en 'n metode ontwikkel waardeur die struktuur van genetiese materiaal baie vinniger as voorheen bepaal kon word. Sy werk het gehelp om die nuwe terrein van biotegnologie tot stand te bring en die ontrafeling van die menslike genoom moontlik te maak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search