Friedrich Engels

Friedrich Engels
Engels in 1877, in Brighton, deur William Hall

Gebore (1820-11-28)28 November 1820
Barmen, Koninkryk Pruise
Oorlede 5 Augustus 1895 (op 74)
Londen, Engeland
Nasionaliteit Duits
Vakgebied Politieke filosofie, ekonomie, klasstryd, kritiek op kapitalisme
Alma mater Universiteit van Berlyn (geen graad nie)[1]
Bekend vir Vervreemding en uitbuiting van die werker, historiese materialisme
Beïnvloed deur Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Ludwig Feuerbach, Max Stirner, Adam Smith, David Ricardo, Karl Marx, Jean-Jacques Rousseau, Johann Wolfgang von Goethe, Charles Fourier, Moses Hess, Lewis H. Morgan, Herakleitos
Handtekening

Friedrich Engels (Barmen (Wuppertal), 28 November 1820Londen, 5 Augustus 1895) was 'n Duitse industrialis, sosiale wetenskaplike, outeur, politieke teoretikus, filosoof en stigter van die Marxistiese teorie saam met Karl Marx. In 1845 publiseer hy Die Lage der arbeitenden Klasse in England (Die Toestand van die Arbeidersklasse in Engeland), gebaseer op persoonlike waarnemings en navorsing. In 1848 was hy mede-outeur van die Manifest der Kommunistischen Partei (Kommunistiese Manifes) saam met Karl Marx, en later ondersteun hy Marx finansieel om navorsing te doen en Das Kapital (Die Kapitaal) te skryf. Na Marx se dood het hy die tweede en derde deel verwerk. Daarbenewens het Engels Marx se notas oor die Theorien über den Mehrwert (Teorieë oor die surpluswaarde) georganiseer en dit is later gepubliseer as die "vierde deel" van das Kapitaal.

  1. (en) Norman Levine, Divergent Paths: The Hegelian Foundations of Marx's Method, Lexington Books, 2006, bl. 92: "the Young never graduated from the gymnasium, never went to university..."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search