Frikkadel is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse, Deense, Duitse en Belgiese gereg, bestaande uit balletjies gerolde maalvleis wat gewoonlik gebak word in 'n oond, maar ook in kookolie diepgebraai kan word. Die resep kan onder andere broodkrummels, fyn gerasperde uie, tamaties, eiers, sout, asyn en speserye bevat.
Dit kan met bykosse soos rys, kapokaartappels of selfs mieliepap bedien word.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search