Fritz Joubert Duquesne

Frederick “Fritz” Joubert Duquesne
Fritz Joubert Duquesne

Kaptein Duquesne, Boere Weermagfoto, ca. 1900

Bynaam(e) Die man wat Kitchener se dood veroorsaak het;
Die Swart Luiperd;
Alias: Kaptein Claude Stoughton; Frederick Fredericks; Boris Zakrevsky (het die identiteit van 'n werklike Russiese Graaf aanvaar); Majoor Frederick Craven; Colonel Beza; Piet Niacud
Geboortedatum 21 September 1877
Geboorteplek Kaapkolonie
Sterfdatum 24 Mei 1956 (78 jaar oud)
Sterfplek New York Stad, NY
Lojaliteit Boer en Duits
Diens/Tak hoofsaaklik spioenasie
Jare in diens 1899–1901 (Boer); 1901 (Brits); c1913-1942 (Duits)
Rang Kaptein
Poste beklee Duquesne Spioenasiesindikaat
Veldslae/oorloë Tweede Vryheidsoorlog:
-- Beleg van Ladysmith
-- Slag van Colenso
-- Slag van Bergendal
-- Sameswering om Kaapstad te saboteer
Eerste Wêreldoorlog:
-- Sluipmoord van Lord Kitchener
-- Sabotering van Britse skeepvaart in Suid-Amerika (gesink: 22)
Tweede Wêreldoorlog
-- Spioenasie in die VSA
Toekennings Ysterkruis, 1916
Ander werk kommando; oorlogskorrespondent; joernalis

Frederick “Fritz” Joubert Duquesne (soms geskryf as Du Quesne en uitgespreek in Afrikaans as Doe-kein) (21 September 1877 – 24 Mei 1956) was ’n Suid-Afrikaanse Boeresoldaat, krygsgevangene, grootwildjagter, joernalis, oorlogskorrespondent, Anglofoob, makelaar, saboteur, spioen en avonturier wie se haat vir die Britte hom gedryf het om vrywillig in albei Wêreldoorloë vir Duitsland te spioeneer. As Boerespioen was hy bekend as die Swart Luiperd en hy is ook bekend as die man wat Kitchener se dood veroorsaak het aangesien hy beweer dat hy in 1916 die HMS Hampshire gesaboteer en laat sink het waarop Lord Kitchener was op weg na Rusland. As Duitse spioen was sy kodenaam DUNN. In 1942 is hy en 32 ander lede van die Duquesne Spioenasiesindikaat skuldig bevind in die grootste spioenasieverhoor in die geskiedenis van die VSA.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search