Gae Aulenti



Gae Aulenti

Italiaanse argitek en ontwerper


Gebore
4 Desember 1927
in Palazzolo dello Stella, Italië


Oorlede
31 Oktober 2012
in Milaan, Italië


Skool
Avantgarde


Beduidende projekte

Musée d'Orsay, Parys (1980–86)
Palazzo Grassi, Venesië (1985–86)
Asian Art Museum, San Francisco (2000-03)


Toekennings en pryse

  • Compasso d'Oro in 1979
  • Chevalier de la Légion d'honneur in 1987

Webtuiste
Archivio Gae Aulenti


Gae Aulenti ([ˈɡaːe auˈlɛnti]; * 4 Desember 1927 as Gaetana Emilia Aulenti in Palazzolo dello Stella; † 31 Oktober 2012 in Milaan[1]) was 'n Italiaanse argitek en ontwerper wat bekendheid verwerf het met grootskaalse museumsprojekte soos die Musée d'Orsay in Parys (1980–1986), die Galery vir Eietydse Kuns in die Centre Pompidou in Parys, die restourasie van die Palazzo Grassi in Venesië (1985–1986), die restourasie van die MuPiazza Gae Aulenti.jpgseu Nacional d'Art de Catalunya in Barcelona (1991) en die Asian Art Museum in San Francisco (saam met HOK, 2000–2003).

Piazza Gae Aulenti in Milaan
Moderne boukuns op die Piazza Gae Aulenti

Haar werk as ontwerper het oor 'n groot verskeidenheid velde gestrek, soos industriële en uitstallingsontwerpe (insluitende toonlokale vir FIAT en Olivetti), meubels, grafiese kuns, toneelontwerp, beligting en binnenshuise ontwerp. As skrywer het sy grootliks bygedra tot die ontwikkeling van argitektuurteorie in Italië.

Gae Aulenti het haar lewe lank getrou gebly aan haar rebelse gees wat heersende modes verwerp het. Ook haar besluit om argitektuur in Milaan te studeer, het voortgespruit uit haar verwerping van tradisionele vrouerolle. Toe sy in 1953 haar graad aan die universiteit Politecnico di Milano verwerf het, was sy een van slegs twee vroulike studente in 'n klas van twintig.

In Milaan is 'n plein ter ere van Gae Aulenti Piazza Gae Aulenti genoem.

  1. Treccani.it: Dizionario Biografico degli Italiani: Aulenti, Gaetana Emilia. Besoek op 1 Augustus 2019

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search