Gaskons

Gaskons
gascon
Gepraat in: Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Spanje Spanje
Totale sprekers: 250 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Galloiberies
    Galloromaans
     Oksitaans-Romaans
      Oksitaans
       Gaskons 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:
Gereguleer deur: Congrès Permanent de la Lenga Occitana[1]
Taalkodes
ISO 639-1: oc
ISO 639-2: oci
ISO 639-3: oci 
Dialekte van Oksitaans

Gaskons (Frans: Gascon [gaskɔ̃]) is 'n dialek van die Oksitaanse taal wat hoofsaaklik in die suidweste van Frankryk in die historiese provinsies Gaskonje en Béarn gepraat word. Slegs Aranees, 'n suidelike Gaskonse dialek, word in Spanje gepraat. Aranees is aansienlik deur Katalaans en Aragonees beïnvloed. Die invloed onderskei dit van die dialekte van Gaskonje wat in Frankryk gepraat word. Aranees is mede-amptelik met Spaans en Katalaans in die Val d'Aran.

In Frankryk word Gaskons spesifiek in die volgende départements gepraat: 'n deel van Pyrénées-Atlantiques, Hautes-Pyrénées, Landes, Gers, die grootste deel van Gironde, 'n deel van Lot-et-Garonne, 'n deel van Haute-Garonne, en 'n deel van Ariège; en in die klein Spaanse vallei Val d'Aran, in die noordweste van Katalonië. Wêreldwyd word dit deur 253 814 mense gepraat.

  1. "Congrès permanent de la langue occitane / Congrès permanent de la lenga occitana – Un nouvel organisme de régulation de l'occitan au service des usagers et des locuteurs". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012. Besoek op 15 April 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search