Gemoedsteuring

Gemoedsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 F30-F39
ICD-9 296
MeSH D019964
Mediese waarskuwing

Gemoedsteurings is ’n groep geestesteurings wat veroorsaak word deur ’n versteuring van die persoon se gemoedstoestand.[1]

Twee soorte gemoedsteurings word onderskei; dit hang af of daar maniese of hipomanies episodes betrokke is of was. Daar is dus depressiesteurings, waarvan kliniese depressie die bekendste en beste nagevors is, en bipolêre gemoedsteuring, voorheen bekend as "maniese depressie", wat gekenmerk word deur afwisselende episodes van manie (of hipomanie) en depressie. Daar is ook depressiesteurings met minder ernstige simptome bekend as distimie en siklotimie.[2] Dit kan ook beïnvloed word deur middelgebruik of voorkom weens ’n mediese toestand.

  1. Sadock, Benjamin J.; Sadock, Virginia A. (2002). Kaplan and Sadock's Synopsis of Psychiatry: Behavioral Sciences/Clinical Psychiatry (9de uitg.). Lippincott Williams & Wilkins. ISBN 0-7817-3183-6.
  2. Carlson, C. Donald; Heth (2007). Psychology the science of behaviour (4de uitg.). Pearson Education Inc. ISBN 0-205-64524-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search