Geneesmiddel

Pilhouer vir daaglikse gebruik, met vakkies vir oggend, middag, aand en nag.

'n Geneesmiddel is 'n middel wat ingeneem word om simptome van 'n siekte of geneeskundige toestand te verlig, voorkom, of die siekte of toestand te genees.

Geneesmiddels word gewoonlik in drie groepe verdeel -- dié wat in gewone kruidenierswinkels beskikbaar is (bv. hoofpynpille, teensuurmiddels en vitamiene), dié wat sonder voorskrif in apteke beskikbaar is (bv. verkoue- en hoesmiddels), en dié wat slegs per doktersvoorskrif vanaf 'n apteek of geneesheer verkry kan word. Geneesmiddels wat sonder voorskrif verkrygbaar is, word gewoonlik beskou as só veilig dat 'n mens nie geskaad kan word as dit ingeneem word soos wat die aanwysings aandui nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search