Genetiese variasie

Darwin se vinke of Galapagos-vinke.

Genetiese variasie beteken dat biologiese stelsels – individue en bevolkings – oor ruimte verskil. Dit is die grondslag van die genetiese veranderlikheid van verskillende biologiese stelsels in ruimte.[1][2][3][4]

Genetiese variasie is gebaseer op die variasie in die allele van gene in 'n genepoel. Dit kom binne sowel as tussen bevolkings voor en word ondersteun deur individuele draers van die variante gene. Genetiese variasie word teweeggebring deur lukrake mutasie, wat 'n permanente verandering in die chemiese struktuur van 'n geen is.[5][6]

  1. Hedrick P. (2011): Genetics of populations.
  2. Rieger R. Michaelis A., Green M. M. (1976): Glossary of genetics and cytogenetics: Classical and molecular.
  3. Griffiths, A. J. F. (1999).
  4. Cavali-Sforza L. L., Bodmer W. F. (1999): The genetics of human populations.
  5. Mayr E. (1970): Populations, species, and evolution – An abridgment of Animal species and evolution.
  6. Dobzhansky T. (1970): Genetics of the evolutionary process.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search