Genetika

Genetika of erflikheidsleer is 'n deel van biologie wat die studie van erflike eienskappe behels: die aangebore verskille en ooreenkomste tussen opeenvolgende generasies. In 1865 publiseer Gregor Mendel die resultate van sy ondersoek na die oorerwing van verskillende eienskappe van ertjies. Die publikasie verdwyn in die vergetenheid, maar word in 1901 herontdek deur Hugo de Vries, Carl Correns, en Erich von Tschermak. Die reëls vir oorerwing wat Mendel in sy ondersoek beskryf het, staan nou bekend as die Wette van Mendel. Enkele jare daarna word chromosome geïdentifiseer as die fisiese draers van erflike eienskappe. Die ontdekking lei tot die ontstaan van die neo-Darwinisme, waarin die evolusieteorie van Charles Darwin 'n fisiese basis kry. Die gene is geleë op die chromosome.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search