Geologiese breuke

San-Andreas-breuk

Spanning in die aardkors lei daartoe dat gesteentes langs bepaalde vlakke van mekaar losbreek - dit staan bekend as Geologiese breuke. Gesteenteblokke wat so ontstaan, beweeg meestal ten opsigte van mekaar om die spanning te verlig. Die rigting waarin die blokke beweeg, word bepaal deur die spanning (druk- of rekspanning). In breë trekke kan drie breukgroepe by verskuiwings onderskei word:

  1. die blokke kan van mekaar af wegbeweeg,
  2. teen mekaar opdruk of
  3. sydelings teen mekaar skuif.

Topografiese verandering word dikwels so veroorsaak. As daar geen duidelike verskuiwing langs breukvlakke voorkom nie, bly dit steeds die gevolg van spanning, meestal rekspanning as gevolg van die uitdroging of afkoeling van gesteentes in die aardkors.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search