George III van die Verenigde Koninkryk

George III
Koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover
George III in kroningsdrag, Allan Ramsay (1762).
George III in kroningsdrag, Allan Ramsay (1762).
Vorstehuis Hannover
Titel Koning van die Verenigde Koninkryk
Regeer 25 Oktober 176029 Januarie 1820
Gekroon 22 September 1761
Voorganger George II
Opvolger George IV
Regent George, Prins van Wallis (1811–1820)
Ander titels Voorheen
Koning van Groot-Brittanje en van Ierland
Keurvors van Brunswick-Lüneburg
Volle naam George William Frederick
Gebore 4 Junie 1738;[1] Norfolk House, St. James-plein
Oorlede 29 Januarie 1820; Windsor-kasteel, Berkshire
Begrawe St. George-kapel by Windsor-kasteel, Berkshire
Eggenote Charlotte van Mecklenburg-Strelitz
Kinders George IV
Prins Frederick
William IV
Prinses Charlotte, koningin van Württemberg
Prins Edward
Prinses Augusta Sophia
Prinses Elizabeth
Ernest Augustus
Prins Augustus Frederick
Prins Adolphus
Prinses Mary
Prinses Sophia
Prins Octavius
Prins Alfred
Prinses Amelia
Vader Frederick, Prins van Wallis
Moeder Prinses Augusta van Sakse-Gotha

George III (George William Frederick; 4 Junie 1738[1]) was koning van Groot-Brittanje en Ierland van 25 Oktober 1760 tot met die vereniging van hierdie twee lande op 1 Januarie 1801, en daarna koning van die Verenigde Koninkryk tot met sy dood. Hy was ook Hertog van Brunswick-Lüneburg en keurvors van Hannover in die Heilige Romeinse Ryk tot met sy bevordering tot koning van Hannover op 12 Oktober 1814. Hy was die derde Britse monarg van die Huis van Hannover, maar anders as sy twee voorgangers is hy in Brittanje gebore en was sy moedertaal Engels.[2] Al het hy ’n hoë ouderdom bereik, het hy Hannover nooit besoek nie.[3]

  1. 1,0 1,1 Volgens die Juliaanse kalender, wat in hierdie tyd nog in Brittanje gebruik is.
  2. The Royal Household. "George III". Amptelike webtuiste van die Britse Monargie. Besoek op 25 Mei 2007.
  3. Brooke, p.314; Fraser, p.277

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search