Gerard Manley Hopkins

Gerard Manley Hopkins
Gebore(1844-07-28)28 Julie 1844
Stratford, Londen, Essex, Engeland
Sterf8 Junie 1889 (op 44)
Dublin, Ierland
NasionaliteitBrits
Alma materHeythrop Kollege, Londen
Balliol College, Oxford
BeroepDigter, Jesuïet priester
GeloofRooms-Katoliek

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Gerard Manley Hopkins (28 Julie 18448 Junie 1889) was 'n Engelse digter en priester. Sy nadoodse faam het hom gevestig as een van die voorste Victoriaanse digters. Sy manipulasie van prosodie – veral sy begrip van "sprung rhythm" – het hom stewig gevestig as 'n vindingryke skrywer van die verskuns, net soos sy tegniek om God te loof en te prys deur sy verbeeldingryke gebruik van beeldskepping en die natuur. Dit was eers na sy afsterwe dat Robert Bridges begin het om 'n paar van Hopkins se volwasse gedigte in bloemlesings te publiseer, met die hoop dat hy hierdeur die weg sou voorberei vir die wyer aanvaarding van Hopkins se styl. Teen 1930 was sy werk erken as een van die mees oorspronklikste letterkundige prestasies van sy eeu. Dit het 'n merkbare invloed uitgeoefen op van die voorste 20ste eeuse digters, soos T. S. Eliot, Dylan Thomas, W. H. Auden, Stephen Spender en Cecil Day-Lewis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search