Geskiedenis van die alfabet

      Geskiedenis van die alfabet
Proto-Sinaïtiese alfabet 19e eeu v.C.

Meroïties (van Egiptiese hiërogliewe) 3e eeu v.C.

Verskeie teorieë bestaan oor die geskiedenis van die alfabet, hoewel die presiese oorsprong daarvan onbekend is. Een van die gewildstes, die Proto-Sinaïtiese teorie,[1] is dat die geskiedenis in Antieke Egipte begin het, meer as ’n millennium nadat mense begin skryf het. Volgens dié teorie is die alfabet ontwikkel vir die taal van Semitiese werkers op die Sinai-skiereiland en was dit beïnvloed deur die alfabetiese beginsels van die Egiptiese heilige skrif, ’n latere ontwikkeling van die Egiptiese hiërogliewe. As dit reg is, stam feitlik alle hedendaagse alfabette in die wêreld direk van hierdie alfabet, Proto-Sinaïties, af of is dit geïnspireer deur die ontwerp daarvan.[2]

Die alfabet wat vandag die meeste gebruik word, is die Latynse alfabet.[3] Dit is afgelei van die Griekse alfabet, die eerste ware alfabet omdat dit beide konsonante en klinkers bevat.[4] Die Griekse alfabet is weer afgelei van die Fenisiese alfabet, waarvan die meeste letters dieselfde is. Albei se letters is ook in dieselfde volgorde. Anders as by Grieks, bevat Fenisies geen klinkers nie en daarom is dit ’n abjad – ’n skryfstelsel waarin alle simbole konsonante voorstel.

  1. Goldwasser, Orly (Mrt./Apr. 2010). "How the Alphabet Was Born from Hieroglyphs". Biblical Archaeology Review. Washington, DC: Biblical Archaeology Society. 36 (1). ISSN 0098-9444. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2012. Besoek op 06-11-2011. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |accessdate= en |date= (hulp)
  2. Himelfarb, Elizabeth J. "First Alphabet Found in Egypt", Archaeology 53, Uitg. 1 (Jan./Feb. 2000): 21.
  3. Haarmann 2004, p. 96
  4. Coulmas, Florian (1996). The Blackwell Encyclopedia of Writing Systems. Oxford: Blackwell Publishers Ltd. ISBN 0-631-21481-X.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search