Gesondheid

Gesondheid is die vlak van funksionele of metaboliese doeltreffendheid van 'n lewende organisme. By mense is dit die individu of die gemeenskap se vermoë om aan te pas en te selfversorg wanneer daar voor fisieke, geestelike of maatskaplike uitdagings te staan gekom word.[1] In die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se grondwet van 1948 word gesondheid in die breë omskryf as "'n toestand van totale liggaamlike, geestelike en maatskaplike welsyn en nie net die afwesigheid van siekte en swakheid nie."[2][3] Hierdie definisie het kontroversie uitgelok, veral wat praktiese waarde betref en die probleem wat deur die gebruik van die woord "totale" geskep word.[4][5][6] Ander definisies is voorgestel, waaronder 'n onlangse definisie wat gesondheid en persoonlike tevredenheid korreleer.[7][8] Daar is verskeie klassifikasiestelsels wat algemeen gebruik word om die komponente van gesondheid te definieer en te bepaal.

Sistematiese aktiwiteite om gesondheidsprobleme te voorkom of te genees en goeie gesondheid by mense te bevorder, word deur gesondheidsorgverskaffers aangepak. Die term "gesond" word ook algemeen in die konteks van baie soorte nielewende organisasies en hulle impak ten voordele van mense gebruik, byvoorbeeld gesonde gemeenskappe, gesonde stede of gesonde omgewings. Benewens gesondheidsorg-intervensies en 'n persoon se omgewing is daar 'n aantal ander faktore wat die gesondheidstatus van individue beïnvloed, insluitend hulle agtergrond, lewenstyl en ekonomiese, maatskaplike toestande en spiritualiteit; hierdie faktore word "determinante van gesondheid" genoem. Studies toon dat hoë stresvlakke menslike gesondheid kan affekteer.[9]

  1. Huber M, Knottnerus JA, Green, L., van der Horst H, Jadad AR, Kromhout D, Smid H. BMJ 2011; 343 (d4163) http://savenhshomeopathy.org/wp-content/uploads/2012/09/Huber-Definition-Health-BMJ-21.pdf Geargiveer 19 Oktober 2020 op Wayback Machine
  2. World Health Organization.
  3. World Health Organization. 2006.
  4. Jadad AR, O’Grady L: How should health be defined?
  5. Callahan D. (1973). "The WHO definition of 'health'". The Hastings Center Studies. 1 (3): 77–87. doi:10.2307/3527467. JSTOR 3527467.
  6. Taylor S, Marandi A (2008). "How should health be defined?". BMJ. 337: a290. doi:10.1136/bmj.a290. PMID 18614520.
  7. Bellieni CV, Buonocore G. (2009). "Pleasing desires or pleasing wishes? A new approach to pain definition". Ethics Med. 25 (1).
  8. Sport, Disability and an Original Definition of Health.
  9. "BBC News – How stressed are you?" (in Engels). Bbc.co.uk. 6 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 1 Maart 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search