Getal

Getalstelsel van die Maya's.
Natuurlike getalle

'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer (soos 1, 2, 3, ), of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk.

Getalle kan ook vir ander doeleindes gebruik word, soos wanneer voorwerpe gemeet word. Wiskunde is 'n manier om getalle te gebruik om meer oor die wêreld te wete te kom en om nuwe goed mee te ontwerp.

Getalle kan opgedeel in die volgende onderafdelings:

  • Natuurlike getalle (N): 1; 2; 3; 4; 5; 6; 7; …
  • Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; 6; …

Natuurlike getalle word weer verder onderverdeel in:

  • Priemgetalle: 'n getal wat slegs deur homself en 1 deelbaar is: 2; 3; 5; 7; 11; 13; …
  • Saamgestelde getalle: 'n getal met MEER as 2 faktore: 4; 6; 8; 9; 10; 12; …
  • Een: 1

Faktore van drie is 3;6;9;12;15 Faktore van 10 is: 1; 2; 5; 10, m.a.w getalle wat sonder 'n res by 10 kan indeel

Met die inligting, kan jy nou die volgende doen:

Faktore van 18 is: 1; 2; 3; 6; 9; 18

Priemfaktore van 18 is: 2; 3

Saamgestelde faktore van 18 is: 6; 9; 18

Druk 18 uit as die produk van sy priemfaktore:

So verloop die proses om dit te bereken

18 ÷ 2 = 9

9 ÷ 3 = 3

3 ÷ 3 = 1

DUS: 18 = 2 x 3 x 3 = 2 x 3²

18 as 'n produk van sy priemfaktore = 2 x 3²

Grootste Gemene Deler (GGD)

Die GGD is die grootste faktor, wat dieselfde, is wat in twee getalle kan indeel.

Bepaal die GGD van 12 en 21:

Faktore van 12: 1; 2; 3; 4; 6; 12

Faktore van 21: 1; 3; 7; 21

Die GGD van 12 en 21 is: 3

Bepaal die GGD van 20 en 16:

Faktore van 20: 1; 2; 4; 5; 10; 20

Faktore van 16: 1; 2; 4; 8; 16

Die Grootste Gemene Deler (GGD) van 20 en 16 is: 4

Veelvoude

Veelvoude van 5 is alle getalle waarin 5 kan deel sonder 'n res: 5; 10; 15; 20; 25; …

Veelvoude van 21 is: 21; 42; 63; 84; …

Kleinste Gemene Veelvoud (KGV)

Die KGV is die kleinste veelvoud van 2 of meer getalle, wat dieselfde is (gemeen).

Bepaal die KGV van 9 en 12:

Veelvoude van 9 is: 9; 18; 27; 36; 45; 54; 63; …

Veelvoude van 12 is: 12; 24; 36; 48; 60; 72; …

Die KGV van 9 en 12 is: 36

Bepaal die KGV van 5 en 7:

Veelvoude van 5 is: 5; 10; 15; 20; 25; 30; 35; 40; 45; …

Veelvoude van 7 is: 7; 14; 21; 28; 35; 42; 48; 54; …

Die KGV van 5 en 7 is: 35

'n ander manier om die KGV te bereken, is soos volg:

Bepaal die KGV van 8 en 10.

Stap 1. Wat is die GGD van die 2 getalle: Dit is 2

Faktore van 8: 1; 2; 4; 8

Faktore van 10: 1; 2; 5; 10

Stap 2. Bepaal die produk van 8 en 10: 8 x 10 = 80

Stap 3. Deel die produk van die getalle deur die GGD: 80 ÷ 2 = 40

Stap 4. Die KGV van 8 en 10 is 40 (dit is jou antwoord)

Dalk is die 2de manier bietjie meer omslagtig, maar dis baie belangrik dat jy vir jou 'n metode kry wat jy verstaan en kan gebruik!!

Vierkante

In die vermenigvuldigingstabel, is al die vierkantsgetalle ingekleur.

'n Getal met homself vermenigvuldig, gee die vierkantsgetal, bv.

2 x 2 = 4 jy kan dit ook so skryf 2² = 4

4 x 4 = 4² = 16

6 x 6 = 6² = 36

10² = 100

12² = 144

(12 – 5)² = (7)² = 49


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search