Getyboek

’n Getyboek uit omstreeks 1410, Parys.

’n Getyboek is ’n Christelike gebedeboek wat gewild was in die Middeleeue. Elke boek met sy sierskrif is uniek in die een of ander opsig, maar die meeste bevat soortgelyke tekste, liturgiese gebede (getye) en psalms. In baie boeke is min sierskrif gebruik, net aan die begin van psalms en gebede, maar dié wat vir die rykes gemaak is, was besonder ryklik versier, met volblad-miniatuurskilderye.

Die boeke is gewoonlik in Latyn geskryf (die Latynse naam is horae), hoewel daar voorbeelde bestaan wat in Europese tale geskryf is, veral Nederlands (getijdenboek) en Engels (primer). Tienduisende getyboeke het behoue gebly en word in biblioteke en privaat versamelings oor die wêreld heen bewaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search