Gewoonte

'n Gewoonte is 'n gedragsroetine wat gereeld herhaal word en geneig is om onbewustelik plaas te vind.[1][2][3]

In die American Journal of Psychology (1903) word dit soos volg gedefinieer: "'n Gewoonte is sielkundig gesproke 'n min of meer gevestigde manier van dink, wil of voel wat deur die vorige herhaling van 'n sielservaring verkry is."[4] Gewoontegedrag word dikwels nie bemerk deur die persoon wat dit toon nie, aangesien selfontleding nie nodig is wanneer roetinetake gedoen word nie. Gewoontes is soms verpligtend.[5] Die proses waardeur nuwe gedrag outomaties raak, is gewoontevorming. Dit is moeilik om ou gewoontes te verbreek en moeilik om nuwe gewoontes te vorm aangesien die gedragspatrone in ons senuweebane vasgelê is,[6] maar dit is moontlik om nuwe gewoontes deur middel van herhaling te vorm.[7]

Namate gedrag binne 'n gereelde konteks herhaal word, is daar 'n stygende toename in die verband tussen die konteks en die handeling. Dit verhoog die outomatisiteit (aotomaticity) van die gedrag in daardie konteks.[8] Kenmerke van outomatiese gedrag is die volgende: doeltreffendheid, gebrek aan bewustheid, onopsetlikheid, onbeheerbaarheid.[9]

  1. Butler, Gillian; Hope, Tony.
  2. Definition of Habit.
  3. Definition of Habituation.
  4. Andrews, B. R. (1903). "Habit". The American Journal of Psychology. 14 (2): 121–49. doi:10.2307/1412711.
  5. "Habituation."
  6. http://www.psychologytoday.com/basics/habit-formation.
  7. http://www.psychologytoday.com/basics/habit-formation.
  8. Wood, W., & Neal, D. T. (2007).
  9. Bargh, J. A. (1994).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search