Goop

Goop
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 2008
Stigter(s)Gwyneth Paltrow
Hoofkantoor Santa Monica, KaliforniëVSA
SleutelpersoneGwyneth Paltrow, HUB
Elise Loehnen, Hoof-nakomingsbeampte
IndustrieGesondheid
ProdukteKlere, skoene, juweliersware, bykomstighede, gesondheid, huisware, boeke
DiensteUitgewerswese
Internetkleinhandel
Inkomste$15-$25 miljoen (2016)[1]
Bates$250 miljoen (2018)[1]
Werknemers90 - 220[2][1]
SlagspreukA modern lifestyle brand
Webwerfgoop.com

Goop is in September 2008 deur Gwyneth Paltrow as 'n "leefstylhandelsmerk" bekendgestel. Dit het begin met 'n weeklikse e-pos nuusbrief met "New Age"-advies, soos "polisieer jou gedagtes" en "elimineer wit kos", en die slagspreuk "voed die innerlike aspek".[3] 'n Lewenstylwebtuiste is later bygevoeg, en toe brei Goop uit tot e-handel, werk saam met modehandelsmerke, stig "pop-up"-winkels,[4] hou 'n "gesondheidsberaad",[5] stel 'n gedrukte tydskrif op, lewer 'n podsending, en 'n dokumenter-reeks vir Netflix.[6]

Goop is gekritiseer oor die bemarking van produkte en behandelings wat geen wetenskaplike basis het nie, wat nie doeltreffend is nie, en word deur die mediese instelling as skadelik of as misleidend bestempel. In 2017 het Truth in Advertising 'n klag by reguleerders in die deelstaat Kalifornië ingedien oor meer as 50 gesondheidseise wat deur Goop gemaak is, wat gelei het tot 'n skikking van $125,000 en 'n vyf jaar lange bevel wat die maatskappy verbied het om ongegronde aansprake te maak oor die kenmerke of voordele vir die gesondheid van sy produkte.[7]

Goop is ook gekritiseer vir die verkoop van skoonheidsmiddels wat dieselfde skynbaar skadelike chemikalieë bevat as wat die webwerf mense aanmoedig om te vermy.[8]

Van die mees kontroversiële aanbevelings van Goop is vaginale stoom, 'n proses wat ginekoloë streng nie aanbeveel nie.[9][10]

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Berg2018
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Girlboss
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Racked
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Beraad
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Netflix
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named TINA
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Senapathy
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Live
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Telegraph

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search