Gordelroos

Gordelroos
Klassifikasie en eksterne bronne
Gordelroos in die nek-area.
Gordelroos in die nek-area.
ICD-10 B02
ICD-9 053
DiseasesDB 29119
MedlinePlus   000858
eMedicine med/1007derm/180 emerg/823 oph/257 ped/996
Mediese waarskuwing

Gordelroos of herpes zoster, is 'n siekte waar die geïnfekteerde persoon 'n groepering van rooi blasies op die vel kry. Dit neem die vorm van 'n band of gordel oor die liggaam aan, derhalwe die naam gordelroos.

'n Groep kolle slaan meteens aan die een kant van die lyf uit en word dan blase van verskillende groottes. As die blase bars kan dit rou plekke vorm wat besmet kan raak. Dit kom meestal op die lyf voor, maar is ernstiger indien dit in die oog- of oor-area voorkom.

Gordelroos kom meestal by ouer mense voor, maar kinders kry dit ook dikwels as hulle weerstand teen besmetting laag is. Die uitslag word gewoonlik (veral by ouer persone) deur pyn voorafgegaan. Die pyn kan lank voortduur, selfs nadat die uitslag verdwyn het. Die helingsproses is stadig en wit littekens kan agterbly.

Dit word veroorsaak deur dieselfde virus wat waterpokkies veroorsaak. Die virus sluimer in die senustelsel van iemand wat tevore waterpokkies gehad het. As die virus deur 'n senuwee beweeg besmet dit die senuwee se velgebied.

Gordelroos kan ook kinders aansteek en waterpokkies veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search