Gorilla

Gorilla
Westelike gorilla (Gorilla gorilla)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Gorillini
Genus:
Gorilla

(I. Geoffroy, 1852)
Spesies

Gorilla gorilla
Gorilla beringei

██ Westelike gorilla

██ Oostelike gorilla

Sinonieme
  • Pseudogorilla Elliot, 1913

Gorillas is ape van die gelyknamige genus, Gorilla, en is die grootste oorlewende primate. Hulle hou merendeels op die grond, is hoofsaaklik plantvretend en bewoon die woude van Sentraal-Afrika. Die genus word in twee spesies onderverdeel, en in óf vier óf vyf subspesies. Die DNS van gorillas stem besonder baie met die mens s’n ooreen, naamlik tussen 95 en 99%, en naas die sjimpansee en bonobo is hulle is die naaste verwant aan die mens.

Die naam "gorilla" kom van die eerste naam wat in 1847 deur die Amerikaanse dokter en sendeling Thomas Staughton Savage en die natuurnavorser Jeffries Wyman aan die westelike gorilla gegee is, naamlik Troglodytes gorilla.[1] Dit is afgelei van die Griekse Γόριλλαι ("stam harige vroue") wat omstreeks 480 v.C. deur ’n Kartaagse seevaarder beskryf is nadat hy moontlik die gebied besoek het wat later Sierra Leone sou word.[2]

  1. Conniff R. Discovering gorilla. Evolutionary Anthropology, 18: 55–61. doi:10.1002/evan.20203
  2. Müller, C. (1855–61). Geographici Graeci Minores. pp. 1.1–14: text and trans. Ed, J. Blomqvist (1979).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search