Gotiese alfabet

Gotiese alfabet
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik Van c. 350 tot 600's
Rigting Links na regs
Tale Goties
Stelsels
Moederstelsels
Griekse skrif, moontlik uitgebrei met Latyn en runes (betwis)
  • Gotiese alfabet
ISO 15924 Goth, 206
Unicode Gothic, U+10330–U+1034F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Gotiese alfabet is ´n alfabetiese skrif wat in die 4de eeu deur die Gotiese biskop Wulfila geskep is vir die skryf van Goties sodat hy die Nuwe Testament van die Bybel in Goties kon vertaal. Wulfila was ’n sendeling en Bybel-vertaler van Kappadosië.[1] Die Gotiese vertaling van die Nuwe Testament was die eerste boek in ´n Germaanse taal. Die vertaling het in Nicopolis ad Istrum geskied (in die huidige Bulgarye). Nicopolis ad Istrum is dus die geboorteplek van die letterkunde in Germaanse tale.

  1. Volgens die getuienis van die historici Philostorgius, Socrates van Konstantinopel en Sozomen. Cf. Streitberg (1910:20).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search