Goud

79 platinumgoudkwik
Ag

Au

Rg
Algemeen
Naam, simbool, getal goud, Au, 79
Chemiese reeks oorgangsmetaal
Groep, periode, blok 11, 6, d
Voorkoms metaalgeel
Atoommassa 196,966569(4) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f14 5d10 6s1
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 18, 1
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 19,3 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 17,31 g/cm³
Smeltpunt 1 337,33 K
(1 064,18 °C)
Kookpunt 3 129 K
(2 856 °C)
Smeltingswarmte 12,55 kJ/mol
Verdampingswarmte 324 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25,418 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1 646 1 814 2 021 2 281 2 620 3 078
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Ruimtegroep Fm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande 3, 1
(amfotere oxied)
Elektronegatiwiteit 2,54 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 890,1 kJ/mol
2de: 1 980 kJ/mol
Atoomradius 135 pm
Atoomradius (ber.) 174 pm
Kovalente radius 144 pm
Van der Waals-radius 166 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking no data
Elektriese resistiwiteit (20 °C) 22,14 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 318 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) 14,2 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (k.t.) (hard-drawn)
2 030 m/s
Young se modulus 78 GPa
Skuifmodulus 27 GPa
Massamodulus 220 GPa
Poissonverhouding 0,44
Mohs se hardheid 2,5
Vickers hardheid 216 MPa
Brinell hardheid ? 2 450 MPa
CAS-registernommer 7440-57-5
Vernaamste isotope
Isotope van Goud
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
195Au syn 186,10 d ε 0.227 195Pt
196Au syn 6,183 d ε 1,506 196Pt
β- 0.686 196Hg
197Au 100% Au is stabiel met 118 neutrone
198Au syn 2.69517 d β- 1.372 198Hg
199Au syn 3,169 d β- 0,453 199Hg
Portaal Chemie

Goud (uitgespreek [ˈxoʊd], uit Indo-Europees: ghel, "glans") is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79[1] en dit het die simbool Au (Latyns: aurum, vir "dagbreekglans"). Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees smeebare en rekbare metaal van al die bekende metale — dit kan gehamer word tot 'n dikte van ongeveer een honderste van 'n millimeter en 30 g goud kan uitgerek word tot 'n gouddraad met 'n lengte van 100 km. Goud is 'n goeie geleier van elektrisiteit en warmte. Dit het die derdehoogste geleidingsvermoë ná silwer (Ag) en koper (Cu).

Goud se elektronverspreiding

Op die periodieke tabel kom goud voor in groep elf en periode ses. Skeikundig word goud as 'n oorgangsmetaal geklassifiseer. Die metaal se standaardatoommassa is 196,966569 g·mol−1. Die elektronverspreiding is (Xe) 4f14 5d10 6s1, met 2, 8, 18, 32, 18, 1 elektrone per respektiewe skil.

Goud is die eerste edelmetaal wat die mensdom volgens tans aangetekende geskiedenis ontdek het. Argeoloë het bevind dat artikels wat van goud gemaak is, tot so oud as 6 000 jaar kan wees. Die metaal is tradisioneel gewild danksy sy besondere eienskappe en helder voorkoms. Goud se gesogdheid het daartoe gelei dat dit deur die eeue as betaalmiddel (geld), as monetêre reserwe-bate, in juweliersware, tandheelkunde en dies meer gebruik is. As gevolg van die mensdom se waardering vir die metaal, het goud 'n groot impak op die menslike geskiedenis gehad.

  1. A. Olivier: Fisiese Wetenskappe, Die Periodieke Tabel Van Elemente, p. 244

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search