Goue Horing

Seraglio-punt, met die Bosporus (links), die ingang van die Goue Horing (middel en regs) en die See van Marmara en Prinse-eilande op die agtergrond.

Die Goue Horing (Turks: Haliç of Altın Boynuz; Grieks: Χρυσόν Κέρας, Chrysón Kéras) is ’n historiese inham van die Bosporus wat die stad Istanboel verdeel en ’n natuurlike hawe vorm wat duisende jare lank beskutting gebied het aan Griekse, Romeinse, Bisantynse, Ottomaanse en ander skepe.

Dis ’n monding in die vorm van ’n krom swaard wat by die Bosporus aansluit net waar dit in die See van Marmara inloop, en so word ’n skiereiland gevorm waarvan die punt Ou Istanboel is (die antieke Bisantium en Konstantinopel).

Die Afrikaanse en Griekse naam beteken dieselfde, maar die betekenis van die "goue" is onbekend. Talle historiese voorvalle het hier plaasgevind en die dramatiese tonele was al die onderwerp van ontelbare kunswerke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search