Goue Leeus

Goue Leeus
Bynaam(e) Rooibontes (verouderd)
Embleem Pronkende leeu
Stigting 1889
Unie Goue Leeus Rugbyunie
Ligging Johannesburg
Stadion Ellispark
Kapasiteit 62 567
President Kevin de Klerk
Afrigter(s) Mzwakhe Nkosi
Kaptein(s) Asenathi Ntlabakanye
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
Spankleure


Eerste wedstryd
Onbekend
Grootste oorwinning
Goue Leeus 161–3 Limpopo Blou Bulle
27 April 2013
Grootste nederlaag
Onbekend
Unie webwerf
www.lionsrugby.co.za

Die Goue Leeus is 'n rugbyspan in Johannesburg, Suid-Afrika. Hulle verteenwoordig ook 'n groot deel van die Gauteng-area, uitsluitend Pretoria (tuiste van die Blou Bulle), en die Oos-Rand (tuiste van die Valke).

Die span se naam was oorspronklik Transvaal, maar die naam is verander na die Leeus in 1993 en die Goue Leeus in 1998. Vir borgskapdoeleindes staan die span as die Xerox Lions bekend.

Die Leeus se tuisveld is die Ellispark-stadion. Hulle neem aan die Curriebeker-kompetisie deel, en hul nouverwante franchise, die Lions, neem internasionaal aan die Verenigde Rugbykampioenskapsreeks deel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search