Gras

Gras
Zoysia-gras in blom

Gras (Gramineae) is die belangrikste familie van die kaffiebloeiers (orde Poales). Die eensaadlobbige plante is van groot ekonomiese betekenis, ook omdat alle graansoorte tot die familie behoort. Gras kom oor die hele wêreld voor en bepaal dikwels die plaaslike plantegroei (weiding, prêrie, steppe).

Op enkele uitsonderings na het die plante hol stingels met knope en litte. Die smal blare het 'n skede en 'n bladskyf en tussen die twee is ʼn vliesige longetjie of 'n randjie hare wat 'n belangrike kenmerk is op grond waarvan die verskillende spesies onderskei word. Die blomme is klein en onopvallend en kom as are (by koring), pluime (riet) of aarpluime (helmgras) voor.

Elke bloeiwyse bestaan uit afsonderlike aartjies wat een of meer blomme bevat. Daar is meestal drie meeldrade en een bostandige vrugbeginsel met een styl en twee stempels. Die vrug, 'n graanvrug, bestaan uit 'n kiem en sy reserwevoedsel, die endosperm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search