Groenwier

Groenwier
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisies

Net soos die hoër plante besit groenwiere (klas Chlorophyceae) bladgroen waarmee hulle uit koolsuurgas, water en sonlig suiker en suurstof kan vervaardig. Groenwiere is een van die vernaamste verskaffers van suurstof op aarde. Die reserwevoedsel in die selle bestaan uit stysel en klein vetdruppeltjies. Die vorm en die ligging van die chlorofilkorrels in die selle verskil van spesie tot spesie, en hierdie twee eienskappe word ook gebruik om die spesifieke groenwierspesie vas te stel. Benewens spesies selfstandige groenwiere is daar ook kolonievormende spesies. Die voortplanting van groenwiere vind ongeslagtelik sowel as geslagtelik plaas. Generasiewisseling kom ook by sommige spesies voor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search