Groepsgebiedewet

Groepsgebiedewet was die titel van drie wette van die Parlement van Suid-Afrika wat uitgevaardig is onder die land se apartheidsregering. Die wet het rassegroepe in stadsgebiede in verskillende woon- en sakegedeeltes ingedeel volgens 'n stelsel van stedelike apartheid. 'n Uitwerking van die wet was dat mense van kleur uitgesluit is van die bes ontwikkelde woongebiede, wat beperk was tot wit mense (soos Seepunt en Claremont). Dit het meegebring dat baie bruin mense groot afstande van hulle huise na hulle werk moes aflê. Van die mense van kleur is gedwing om uit die "verkeerde" gebiede te trek. Die meerderheid, wat gekleurd was, het baie kleiner gebiede (soos Tongaat en Grassy Park) gekry om in te woon, terwyl die wit minderheid die grootste deel van die land besit het. Paswette het vereis dat mense van kleur pasboeke en later "bewysboeke",[1] soortgelyk aan paspoorte, moes saamdra om die "wit" gebiede binne te gaan.

Die eerste Groepsgebiedewet, die Groepsgebiedewet, 1950, is op 7 Julie 1950 afgekondig en oor 'n tydperk van etlike jare in werking gestel. Dit is in 1952, 1955 (twee keer), 1956 en 1957 deur die Parlement gewysig. Later in 1957 is dit herroep en weer in gekonsolideerde vorm aangeneem as die Groepsgebiedewet, 1957, wat in 1961, 1962 en 1965 gewysig is. In 1966 is dié weergawe ook herroep en vervang deur die Groepsgebiedewet, 1966, wat in 1969, 1972, 1974, 1975, 1977, 1978, 1979, 1982 en 1984 gewysig is. Dit is saam met baie ander diskriminerende wette op 30 Junie 1991 herroep deur die Wet op die afskaffing van rasgebaseerde grondreëlings, 1991.

  1. Women's Anti-Pass Law Campaigns in South Africa http://africanhistory.about.com/od/apartheid/a/WomensAntiPass.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search