Groot Hond (sterrebeeld)

Groot Hond
Latynse naam Canis Major
Genitief Canis Majoris
Afkorting CMa
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 7h
Deklinasie -20º
Grootte 380 vk. grade (43ste)
Kwadrant SQ2
Besonderhede
Hoofsterre 8
Helderste ster Sirius (α CMa)
Naaste ster Sirius
Sterre helderder as 3 m 5
Sterre met planete 6
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 32
Aangrensende sterrebeelde
Eenhoring, Haas, Duif, Agterdek
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Groot Hond (Latyn: Canis Major) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word beskou as een van die Jagter se twee jaghonde; die ander een is die Klein Hond.

Die Groot Hond bevat Sirius, die helderste ster aan die naghemel wat deel is van die sterrepatroon die Somerdriehoek in die Suidelike Halfrond (of Winterdriehoek in die Noordelike Halfrond. Dit is ook die Groot Hond se neus.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search