Groot Koraalrif

Groot Koraalrif*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Kaart van die Groot Koraalrif.
Ligging van Groot Koraalrif op 'n kaart (Australië)
Groot Koraalrif
Groot Koraalrif
Ligging van die Groot Koraalrif in Australië
Koördinate: 18°17′10″S 147°42′00″O / 18.28611°S 147.70000°O / -18.28611; 147.70000
Lande Vlag van Australië Australië
Tipe Natuur
Kriteria vii, viii, ix, x
Verwysings 154
Streek Oseanië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1981  (5de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Groot Koraalrif (Engels: Great Barrier Reef) is die wêreld se grootste koraalrifstelsel,[1][2] met meer as 2 900 indiwiduele riwwe[3] en 900 eilande wat vir meer as 2 600 km ver strek oor 'n gebied van ongeveer 344 400 km2. Die rif is in die Koraalsee geleë langs die kus van Queensland in noordoos-Australië.

Lugbeeld van die Groot Koraalrif

Die Groot Koraalrif kan selfs vanuit die ruimte waargeneem word en is die wêreld se grootste struktuur wat deur lewende organismes gevorm is.[4] Die koraalrifstruktuur bestaan uit en word opgebou deur miljarde klein organismes wat as koraalpoliepe bekend staan.[5] Die Groot Koraalrif onderhou 'n groot verskeidenheid lewensvorme en is in 1981 as 'n Wêrelderfenisgebied verklaar.[1][2] CNN het die rif in hul lys van die sewe natuurwonders van die wêreld ingesluit.[6] 'n Groot deel van die rif word beskerm deur die Groot Koraalrifseepark, wat poog om die menslike impak soos oormatige visvang en toerisme te beperk. Ander omgewingsdrukke op die rif en sy ekostelsel sluit in die waterkwaliteit van aflope, klimaatsveranderinge wat met grootskaalse verbleiking van koraal gepaard gaan en die sikliese uitbrake van doringkroon seesterre.

  1. 1,0 1,1 UNEP World Conservation Monitoring Centre, 1980, Protected Areas and World Heritage – Great Barrier Reef World Heritage Area, http://sea.unep-wcmc.org/sites/wh/gbrmp.html Geargiveer 13 Oktober 2008 op Wayback Machine, Department of the Environment and Heritage, nagegaan op 10-06-2006
  2. 2,0 2,1 Great Barrier Reef World Heritage, Values, http://www.deh.gov.au/heritage/worldheritage/sites/gbr/values.html Geargiveer 6 Oktober 2006 op Wayback Machine, nagegaan op 10-11-2006
  3. Die Groot Koraalrif-wêrelderfenisgebied, wat 348 000 km2 beslaan bevat 2 900 riwwe. Dit sluit egter nie die riwwe in die Straat van Torres in nie, wat by benadering 'n oppervlakte van 37 000 km2 beslaan met 'n moontlike 750 riwwe. (Hopley et al., 2007, bl. 1)
  4. http://www.ga.gov.au/media/releases/2002/1013133456_20385.jsp Geargiveer 1 Oktober 2007 op Wayback Machine, Great Barrier Reef: no buried treasure, Sarah Belfield, Geoscience Australia (Australiese regering), 2002-02-08, nagegaan op 11-06-2007
  5. http://findarticles.com/p/articles/mi_m1590/is_1_57/ai_65370824, Sharon Guynup, 2000-09-04, Science World, Australia's Great Barrier Reef, nagegaan op 11-06-2007
  6. CNN, 1997, The Seven Natural Wonders of the World, http://www.cnn.com/TRAVEL/DESTINATIONS/9711/natural.wonders/, nagegaan op 2006-08-06

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search